5 Sy het gedoen soos hy gesê het en die deur agter hulle toegemaak. Haar seuns het die kruike vir haar gebring, en sy het die een na die ander vol gemaak.
6 Spoedig was elke kruik propvol!“Bring vir my nog ’n kruik,” sê sy vir een van haar seuns.“Daar is nie meer nie!” sê hy vir haar. Toe het daar nie meer olie uit die kan gekom nie.
7 Sy het vir die man van God gaan vertel wat gebeur het. Hy sê vir haar: “Gaan verkoop nou die olie en betaal jou skuld. Van dit wat oorbly, kan jy en jou seuns lewe.”
8 Op ’n keer het Elisa na die dorp Sunem toe gegaan. Daar het ’n baie welgestelde vrou gewoon. Sy het by hom aangedring om by hulle te kom eet. Van toe af het hy elke keer wanneer hy daar verbygegaan het daar geëet.
9 Na ’n tyd sê sy vir haar man: “Ek dink die man wat dikwels hier by ons aankom, is ’n heilige man van God.
10 Kom ons bou vir hom ’n dakkamertjie en meubileer dit met ’n bed, ’n tafel, ’n stoel en ’n lamp. Dan kan hy daarin oorbly wanneer hy hierlangs kom.”
11 Eendag kom Elisa weer daar aan en kon na die dakkamer toe gaan om daar te rus.