11 My pa het ’n swaar lasop julle gelê,maar ek gaan die lasnog swaarder maak.My pa het julle met swepe geslaan,maar ek sal skerpioene gebruik!’”
12 Soos die koning gevra het, het die hele volk en Jerobeam drie dae later teruggekom om te hoor wat Rehabeam se besluit was.
13 Maar Rehabeam het hardvogtig met hulle gepraat, want hy het die raad van die ouer raadsmanne verwerp
14 en die raad van die jong mans aanvaar. Hy het vir die mense gesê: “My pa het ’n swaar las op julle gelê, maar ek gaan die las nog swaarder maak! My pa het julle met swepe geslaan, maar ek sal skerpioene gebruik!”
15 Die koning het nie geluister na die mense se eise nie. Hierdie verandering was die wil van God, want dit was ’n vervulling van die Here se profesie aan Jerobeam, seun van Nebat, deur die profeet Agija van Silo.
16 Toe die hele Israel besef dat die koning hulle versoek verwerp het, het hulle vir hom geskree: “Weg met Dawid en sy koningshuis! In die seun van Isai het ons geen aandeel nie!Gaan terug na julle wonings toe,Israel!Sorg nou vir julleself, huis van Dawid!”Die hele Israel het toe teruggegaan na hulle huise toe.
17 Maar Rehabeam was koning oor die Israeliete wat in die stede van Juda gewoon het.