2 Amasia het gedoen wat reg was vir die Here, maar nie met sy hele hart nie.
3 Toe Amasia goed gevestig was as koning, het hy die mans tereggestel wat sy pa vermoor het.
4 Die kinders van die moordenaars het hy egter nie doodgemaak nie, want hy het opgetree volgens die voorskrifte van die Here in die boek van Moses: “Ouers moet nie doodgemaak word vir die sondes van die kinders nie; en kinders moenie doodgemaak word vir die sondes van hulle ouers nie. Hulle wat aan die dood skuldig is, moet vir hulle eie oortredings doodgemaak word.”
5 Amasia het die manskappe van Juda bymekaargeroep. Hy het die hele Juda en ook Benjamin volgens familiegroepe ingedeel onder bevelhebbers oor duisend en oor honderd. Hy het die manne van twintig jaar en ouer opgeroep. Daar was 300 000, almal geoefen in die gebruik van spiese en skilde.
6 Hy het ook met sowat drie en ’n half ton silwer nog 100 000 ervare soldate uit Israel gehuur.
7 Maar ’n man van God het na die koning gekom en gesê: “O koning, moenie soldate van Israel huur nie, want die Here is nie met Israel nie. Hy sal nie die mense van Efraim help nie.
8 As jy hulle saam met jou soldate in die geveg laat deelneem, sal julle verslaan word, maak nie saak hoe dapper hulle veg nie, want God het die mag om te help of om omver te werp.”