3 Hulle het die stad binnegesluip soos manne wat skaam was omdat hulle uit die geveg weggehardloop het.
4 Maar die koning het sy gesig toegemaak en hard geroep: “My seun Absalom! Absalom, my seun, my seun!”
5 Joab het na die koning se kamer toe gegaan en vir hom gesê: “Vandag het u al die manskappe laat skaam kry. Hulle het u lewe en die lewe van u seuns en dogters, u vroue en byvroue gered.
6 U het nou hulle lief wat u haat, en u haat hulle wat u liefhet. U het dit vandag duidelik gemaak dat u niks omgee vir u bevelvoerders en manskappe nie. As Absalom nog gelewe het en ons almal dood was, sou u eerder tevrede gewees het.
7 “Kom nou buitentoe en stel die soldate gerus, want ek sê nou voor die Here, as u dit nie doen nie, sal daar teen vanaand nie een van hulle meer hier wees nie. Dit sal vir u rampspoediger wees as enige ramp wat u nog getref het.”
8 Die koning het toe uitgegaan en in die stadspoort gaan sit. Toe die soldate hoor: “Die koning sit in die poort,” het al die manskappe voor die koning verskyn.Intussen het die Israeliete wat Absalom ondersteun het na hulle huise toe gevlug.
9 Al die stamme van Israel het onder mekaar begin praat. Die volk het gesê: “Die koning het ons verlos van ons vyande, die Filistyne, maar Absalom het hom uit die land verjaag.