11 Die Here sê:“Die mense van Edom het keer op keer gesondig.Ek sal hulle nie langer ongestraf laat nie!Hulle het hulle bloedverwante,die Israeliete, genadeloos met swaarde agtervolg.Hulle het ’n ewige haat vir Israel gehad,’n woede wat bly opvlam.
12 Daarom sal Ek Teman afbrand en die vestings van Bosraverteer.”
13 Die Here het gesê:“Die mense van Ammon het keer op keer gesondig.Ek sal hulle nie langer ongestraf laat nie!Toe hulle Gilead aangeval het om hulle grense uit te brei, het hulle selfs swanger vroue oopgesny.
14 Daarom sal Ek ’n vuuraansteekin die mure van Rabbaen hulle vestings verteer.Op die dag van die veldslag sal krete opgaan.Die dag as ’n orkaan jou tref,sal dit wees soos ’n stormwind.
15 Hulle koning en sy amptenaresal saam in ballingskapgaan.”Dit is wat die Here gesê het!