7 Hulle vertrap hulpelose mensein die stof van die aarde.Hulle tree onregverdig op teenoor behoeftige mense. ’n Seun en sy paslaap by dieselfde meisie.So bring hulle my Naam in die skande.
8 By elke altaar lê hulle op klerewat hulle as pand gevat het.In die tempel van hulle goddrink hulle wyn wat met boetegeld gekoop is.
9 “Dit is Ek wat die Amoriete vernietig het voordat my volk in die land aangekom het.Hulle was so lank soos seders,so sterk soos akkerbome.Maar Ek het hulle uitgeroei,met wortel en tak.
10 “Dit is Ek wat julle bevry het uit Egipte.Ek het julle 40 jaar lankdeur die woestyn geleiom die land van die Amorietein besit te neem.
11 Sommige van julle seunshet Ek gekies om profete te wees. Ander jong mans het Ek gekiesom nasireërs te wees.”Die Here vra: “Is dit nie so nie, mense van Israel?
12 Julle laat nasireërs sondigdeur hulle wyn te laat drink.Vir die profete sê julle:‘Moenie profeteer nie!’
13 “Ek sal julle laat kreun soos ’n wa kreun wat met graangerwe oorlaai is.