5 Sal ’n voël gevang wordas ’n wip nie gestel is nie?Sal ’n wip toeklap op die grondas dit nie iets gevang het nie?
6 As die oorlogstrompet blaas,sal mense dan nie skrik nie?As ’n ramp ’n stad tref,het die Heredit dan nie veroorsaak nie?
7 Die oppermagtige Heredoen niks sonder om sy diensknegte, die profete, daaroor in te lig nie.
8 Die leeu het gebrul, wie sal nie bang wees nie?Die oppermagtige Herehet gepraat!Wie sal weier om as profeet op te tree?
9 Kondig die volgende boodskap in die paleise in Asdod en in Egipte aan: “Kom bymekaar op die heuwels rondom Samaria en aanskou die groot misdade en onderdrukking wat in hierdie stad aangaan.”
10 Die Here sê: “Hierdie mense het vergeet wat dit beteken om reg te laat geskied.Hulle luukse blyplekke is vol rykdom, deur diefstal en geweld in die hande gekry.”
11 Die oppermagtige Heresê verder:“Daarom is ’n vyand op pad!Hy sal die vestings afbreek en jou paleise plunder.”