7 Die oppermagtige Heredoen niks sonder om sy diensknegte, die profete, daaroor in te lig nie.
8 Die leeu het gebrul, wie sal nie bang wees nie?Die oppermagtige Herehet gepraat!Wie sal weier om as profeet op te tree?
9 Kondig die volgende boodskap in die paleise in Asdod en in Egipte aan: “Kom bymekaar op die heuwels rondom Samaria en aanskou die groot misdade en onderdrukking wat in hierdie stad aangaan.”
10 Die Here sê: “Hierdie mense het vergeet wat dit beteken om reg te laat geskied.Hulle luukse blyplekke is vol rykdom, deur diefstal en geweld in die hande gekry.”
11 Die oppermagtige Heresê verder:“Daarom is ’n vyand op pad!Hy sal die vestings afbreek en jou paleise plunder.”
12 Die Here sê: “’n Skaapwagter sal twee bene of miskien ’n stukkie oor reduit ’n leeu se bek. Net so sal die Israeliete gered word, hulle wat in Samaria op gemaklike banke sit en op ’n rusbank in Damaskus.”
13 Luister hierna en kondig dit aan deur die hele Israel, sê die oppermagtige Here die almagtige God:“Luister na My en waarsku Jakob se nageslag.