2 Die oppermagtige Herehet ’n eed geneem:“Die dag sal komwanneer hulle julle aan hoeke sal wegsleep, elkeen van julle soos ’n vis aan ’n hoek!
3 Julle sal reguit deur die openingein die stadsmuur gaan.Hulle sal julle wegvatna Hermonberg toe.”Dit is wat die Here sê!
4 “Kom na Bet-El en oortree daar teen God.Gaan na Gilgal en doen nog meer kwaad.Bring julle offers in die môre,gee elke derde dag julle tiendes.
5 Bring maar julle dankoffer van suurdeegbrood. Spog gerus openlik met julle vrywillige offers!Julle Israeliete hou mos daarvan om dit te doen!Dit is wat die oppermagtige Here sê!
6 “Honger en hongersnoodhet Ek in elke dorp gebring.Nogtans het julle nie na My toe teruggekeer nie.
7 “Ek het gesorg dat dit nie reën wanneer julledit die nodigste het nie.Ek het vir een dorp reën gegee,en dit van ’n ander weerhou. Een stuk grond het reën gekry, ’n ander een het uitgedroog.
8 Mense van twee of drie dorpehet na ’n stad toe gesteier om water te drink, maar sonder sukses.Nogtans het julle nie na My teruggekeer nie.”Dit is wat die Here sê.