4 “Kom na Bet-El en oortree daar teen God.Gaan na Gilgal en doen nog meer kwaad.Bring julle offers in die môre,gee elke derde dag julle tiendes.
5 Bring maar julle dankoffer van suurdeegbrood. Spog gerus openlik met julle vrywillige offers!Julle Israeliete hou mos daarvan om dit te doen!Dit is wat die oppermagtige Here sê!
6 “Honger en hongersnoodhet Ek in elke dorp gebring.Nogtans het julle nie na My toe teruggekeer nie.
7 “Ek het gesorg dat dit nie reën wanneer julledit die nodigste het nie.Ek het vir een dorp reën gegee,en dit van ’n ander weerhou. Een stuk grond het reën gekry, ’n ander een het uitgedroog.
8 Mense van twee of drie dorpehet na ’n stad toe gesteier om water te drink, maar sonder sukses.Nogtans het julle nie na My teruggekeer nie.”Dit is wat die Here sê.
9 “Ek het julle tuine verskroei en julle wingerde met roes getref.Julle vyebome en olyfbomehet die sprinkane afgevreet.Nogtans,” sê die Here, “het julle nie na My toe teruggekeer nie.
10 “Ek het plae oor julle laat komsoos destyds oor Egipte.Ek het julle jong mansin die oorlog laat sterf en julle perde afgemaai.Die reuk van dood het oor julle gehang.Nogtans,” sê die Here, “het julle nie teruggekeer na My toe nie.