20 Die Dag van die Heresal ’n donker dag wees, sonder enige lig van hoop.’n Somber en uitsiglose dag!
21 “Ek haat, Ek verafsku julle feeste.Ek vind geen plesier in julle samekomste nie.
22 Ek sal nie julle brandoffers en graanoffersaanvaar nie.Ek sal My nie eers steur aan die vetgemaakte dierewat julle as offers bring nie.
23 Hou op om lofliedere te sing,dit is net ’n geraas!Ek sal ook nie na die melodieëvan julle harpe luister nie.
24 Ek wil liewer ’n vloed van regverdigheid sien,’n eerlike leefwyse soos ’n stroom water wat nie ophou vloei nie.
25 “Israel, was dit vir My dat julle 40 jaar lankbrandoffers en graanoffersin die woestyn gebring het?
26 Nee, dit was eerder vir die koninggod Sikkut en die stergod Kijun wat julle self gemaaken saamgedra het.