4 Julle lê ontspanneop julle ivoorversierde beddens en rusbanke.Julle eet die sagte vleis van uitgesoekte lammers en kalwers.
5 Julle sing liedjiessaam met die harp.Soos Dawid ontwerp jullemusiekinstrumente.
6 Julle drink bekers vol wynen smeer uitsoekolies aan.Maar oor die ondergang van Israelontstel julle julle nie.
7 Julle sal die eerstes weesom in ballingskap te gaan.Verby is die tyd vir uitspattige feesvierings.
8 Die oppermagtige Herehet ’n eed geneem en dit is wat die Here God,die Almagtige, gesê het:“Ek verag Israel se trots en haat hulle spoghuise. Ek sal die stad met alles daarinaan hulle vyande oorgee.
9 “As tien mense oorblyin een huis,sal hulle almal sterf.
10 As ’n familielid komom die lyke te verbrand, die huis binnegaan om die lyke weg te vat, en vra of daar enige oorlewendes is: ‘Is daar nog iemand saam met jou?’ en die persoon antwoord: ‘Nee!’ Dan sal die familielid sê: ‘Bly stil! Moenie eers die Here se Naamfluister nie. Hy kan jou dalk hoor!’