3 Die Here het hulle jammer gekry en gesê: “Ek sal dit nie laat gebeur nie.”
4 Die oppermagtige Here het my weer ’n visioen laat sien. Ek het gesien dat Hy sy volk wou straf deur ’n groot vuur te stuur. Die vuur het eers die diep onderaardse water laat opdroog en was besig om die hele land te verteer.
5 Toe het ek gesê: “Oppermagtige Here, moet dit asseblief nie doen nie. Israel is maar ’n klein volkie en sal dit nie oorleef nie.”
6 Die oppermagtige Here het weer vir hulle jammer gevoel en gesê: “Ek sal dit ook nie laat gebeur nie.”
7 Ek het nog ’n visioen gesien. Die Here het by ’n loodregte muur gestaan met ’n skietlood in sy hand.
8 Die Here vra toe vir my: “Wat sien jy, Amos?” Ek het geantwoord: “’n Skietlood.” Toe sê die Here: “Ek gaan my volk Israel met ’n skietlood toets. Ek gaan hulle verkeerde optredenie meer oorsien nie.
9 Ek gaan die aanbiddingsplekke wat Isak opgerig het en die heiligdomme van Israel vernietig.Ek gaan oorlog laat uitbreek teen die koningshuis van Jerobeam.”