8 Die Here vra toe vir my: “Wat sien jy, Amos?” Ek het geantwoord: “’n Skietlood.” Toe sê die Here: “Ek gaan my volk Israel met ’n skietlood toets. Ek gaan hulle verkeerde optredenie meer oorsien nie.
9 Ek gaan die aanbiddingsplekke wat Isak opgerig het en die heiligdomme van Israel vernietig.Ek gaan oorlog laat uitbreek teen die koningshuis van Jerobeam.”
10 Amasia was ’n priester in Bet-El. Toe hy hoor wat Amos sê, het hy vir Jerobeam, die koning van Israel, ’n boodskap gestuur: “Amos is besig om ’n komplot teen Israel te smee. Al hierdie dinge wat hy sê, sal die land net skade aandoen.”
11 Amos het gesê: “Jerobeam sal binnekort gewelddadig sterf en Israel sal in ballingskap gaan. Hulle sal uit hulle land weggevoer word.”
12 Amasia het toe vir Amos gesê: “Siener, gee pad! Gaan liewer terug na die land Juda toe. Gaan verdien jou brood daar en profeteer daar!
13 Moenie langer hier in Bet-El jou profetiese boodskappe bring nie. Dit is die koning se aanbiddingsplek, die heiligdom van sy koninkryk.”
14 Maar Amos het Amasia geantwoord en gesê: “Ek is nie ’n professionele profeet nie en ek is ook nie ’n seun van ’n profeet nie. Ek is maar net ’n skaapboer, en ek kweek wildevyebome.