1 Die oppermagtige Here het my weer ’n visioen laat sien. Dit was ’n mandjie vol ryp vrugte.
2 Hy het vir my gevra: “Wat sien jy, Amos?” Ek het geantwoord: “’n Mandjie vol ryp vrugte.”Toe sê die Here vir my:“My volk Israel is soos hierdie vrugte,ryp vir straf! Ek gaan hulle straf nie langer uitstel nie.”
3 Die oppermagtige Here sê: “Wanneer daardie dag aanbreek, sal die liedere wat hulle in die paleis sing ’n huiltoon hê.Lyke sal in groot getalle oral rondlê. Bly liewer stil!”
4 Julle wat die armes besteel en die behoeftiges vertrap,luister hierna!
5 Julle kan nie wag dat die Nuwemaanfees of die Sabbat verby is sodat julle graan kan verkoop nie. Julle meet graan met ’n vals maatbak en bedrieg deur skaalgewigte swaarder te maak.
6 Die koring wat julle verkoop,meng julle met kaf! Julle koop armes vir geld en behoeftiges vir ’n paar sandale.
7 Die Here, die Trots van Israel,het ’n eed gesweer: “Ek sal nooit vergeet wat Israel gedoen het nie!