4 Julle wat die armes besteel en die behoeftiges vertrap,luister hierna!
5 Julle kan nie wag dat die Nuwemaanfees of die Sabbat verby is sodat julle graan kan verkoop nie. Julle meet graan met ’n vals maatbak en bedrieg deur skaalgewigte swaarder te maak.
6 Die koring wat julle verkoop,meng julle met kaf! Julle koop armes vir geld en behoeftiges vir ’n paar sandale.
7 Die Here, die Trots van Israel,het ’n eed gesweer: “Ek sal nooit vergeet wat Israel gedoen het nie!
8 Julle dade sal die aarde skud,almal op die aarde sal huil.Die wêreld sal opstyg soos die Nylen wegsak soos die rivier van Egipte.”
9 Die oppermagtige Here sê:“In dié tyd sal Ek die son teen die middag laat sak, en dit donker laat wordterwyl dit nog dag is.
10 Ek sal julle feestetye maak van rou en julle vrolike sangtot ’n klaagsang. Soos iemand rou oor die dood van ’n enigste kind, so sal julle rouklere dra en julle koppe kaal skeer.Dit sal ’n bitter dag wees!”