3 Al kruip hulle weg op die kruin van Karmelberg, Ek sal hulle daar gaan haalen laat afkom.Selfs al kruip hulle wegop die bodem van die see,Ek sal die seeslang stuur om hulle te byt.
4 Al voer hulle vyande hulle weg as gevangenes,Ek sal hulle met ’n swaard laat sterf.My ingesteldheid teenoor hulle is sleg, nie goed nie.”
5 Die Here is die Here, die Almagtige.As Hy aan die aarde raak, smelt dit weg. Dit laat al die bewoners op die aarde treur.Soos die Nyl in Egipte in vloedtydstyg alles op en sak weer terug.
6 Die Here bou sy bovertrekke in die hemel en lê die fondament van die hemelkoepel op die aarde.Hy roep die waters uit die see en giet die reën oor die aarde.Sy Naam is: “Die Here!”
7 Is julle wat Israeliete isnie maar net soos die Kussiete nie?vra die Here.Het Ek nie vir Israeluit Egipte laat trek,maar ook die Filistyne uit Kaftoren die Arameërs uit Kir nie?
8 “Ek, die oppermagtige Here,hou die sondige koninkryk dop.”Hy sê:“Ek sal hulle verwyder van hulle grond.Tog sal Ek nie die nageslag van Jakob heeltemal uitwis nie.
9 Kyk, Ek het beveel dat Israel rondgeskud moet wordtussen al die nasies soos koring in ’n sif.Maar nie een korrel sal op die grond val nie.