11 Die boom het groot en sterk geword. Dit was naderhand so hoog soos die wolke.Almal op die wêreld kon dit sien.
12 Dit het groen blare gehad en genoeg vrugte gedra dat almal daarvan kon eet. Die diere van die veld het in sy skaduwee gestaan. Die voëls van die lug het daarin nes gemaak. Almal wat leef, kon van sy vrugte lewe.
13 “‘Terwyl ek op my bed lê en droom, het daar ’n bo-aardse weseuit die hemel uitgekom.
14 Hy het hardop uitgeroep: Kap die boom af! Breek sy takke af! Stroop sy blare af! Skud sy vrugte af! Jaag die diere weg van sy skaduwee! Jaag die voëls uit sy takke!
15 Laat staan net sy stomp en sy wortelstussen die gras in die grondmet ’n band van yster en koper om.Die dou uit die lug moet hom natmaak. Hy moet saam met die diere in die oop veld bly.
16 Laat sy geaardheid word soos dié van ’n dier, en laat dit vir sewe tydperke aanhou.
17 “‘Dit was die besluit van die bo-aardse wesens. Dit was wat die heiliges geëis het sodat almal wat leef, kan weet dat God die Allerhoogste regeer oor die koninkryke van mense. Hy gee mag aan mense soos Hy wil. Hy kan selfs die geringste mens aanstel.