8 Ook wanneer hy die lampe teen die aand aan die brand steek, moet hy wierook daarop brand. Elke geslag moet wierook voor die Here laat brand.
9 “Julle mag nie op hierdie altaar onheilige wierook brand nie. Julle mag ook nooit offers van vleis of graanoffers of drankoffers op hierdie altaar bring nie.
10 “Een keer elke jaar moet Aäron die altaar heilig wanneer hy bloed van die versoeningsoffer aan die horings van die altaar smeer. “Elke geslag moet een keer per jaar versoening op hierdie altaar kom doen. Dit is uitsluitlik hiervoor aan die Here gewy.”
11 Die Here het ook vir Moses gesê:
12 “Wanneer jy die Israeliete tel, moet elkeen wat getel is ’n afkoopsom vir homself aan die Here betaal. Geen ramp sal hulle dan tref wanneer jy hulle tel nie.
13 Elkeen wat getel word, moet ses gram silwer vir die Here betaal. Dit is volgens die eenheid wat by die hei-ligdom gebruik word.
14 Elkeen bo twintig jaar oud moet hierdie afkoopsom vir die Here betaal.