10 “Doen dit môre,” het die farao gesê. “Goed,” het Moses geantwoord, “ek sal so maak. U sal dan weet dat niemand met die Here, ons God, vergelyk kan word nie.
11 Al die paddas wat by u en in u huise en u werkmense en u volk is, sal verdwyn. Net dié wat in die rivier is, sal oorbly.”
12 Moses en Aäron is weg van die farao af. Moses het tot die Here gebid oor die ramp van die paddas wat die Here oor die farao gebring het.
13 Die Here het gemaak soos Moses gevra het. Die paddas in die huise en op die strate en in die veld het almal gevrek.
14 Hulle is op hope bymekaargemaak en ’n doodsreuk het oor die land gehang.
15 Toe die farao sien dat die krisis verby is, het hy weer eiesinnig geraak. Hy het geweier om na Moses en Aäron te luister. Dit was presies soos die Here gesê het.
16 Die Here het toe vir Moses gesê: “Sê vir Aäron: ‘Vat jou stok en slaan op die grond. Dit sal muggies oor die hele Egipte bring.’”