6 Ek laat toe dat die Galdeërsdie nuwe wêreldmag word. Hulle is wreed en gewelddadig, ’n nasie wat die wêreld deurkruis om ander se woonplekke af te neem.
7 Hulle is bekend vir hulle verskriklike wreedheid. Hulle doen net wat hulle wil en niemand kan hulle keer nie.
8 Hulle perde is vinniger as luiperds. Hulle is vurige mense, erger as wolwe teen skemeraand. Soos arende duik hulle neer op hulle prooi.
9 “Hulle beur vorentoe, gereed vir geweld. Hulle leërs kom aangestorm soos ’n wind uit die woestyn. Hulle versamel krygsgevangenes soos sand.
10 Hulle maak ’n bespotting van koningsen lag regeerders uit. Al die vestings minag hulle. Teen die mure stapel hulle grondwalle open neem die vestings in.
11 Hulle swiep verby soos die wind,en verdwyn. Maar hulle is skuldig, hulle verafgod hulle eie krag.”
12 O Here my God, my Heilige, U is daar van altyd af. Sekerlik is dit tog nie u planom ons uit te wis nie! O Here, ons Rots, U het die Babiloniërs aangestel om ons te straf.