1 Ek gaan in my uitkyktoring staan, my plek inneem op my wagpos in die muur. Ek wag om te sien wat die Here vir my gaan sê, wat sy antwoord op my klagte sal wees.
2 Toe het die Here geantwoord: “Skryf my antwoord, die visioen, in groot, duidelike letters op kleitablette sodat iemand wat verbyhardloop dit kan lees.
3 Die dinge wat Ek beplan, gaan nie nou dadelik gebeur nie. Stadig maar seker breek die tyd aan wanneer die visioen waar sal word. Wag geduldig, al voel dit of dit stadig gaan. Wees seker dit gaan gebeur, dit sal nie onnodig talm nie.
4 “Kyk na die hoogmoediges! Hulle vertrou op hulleself en hulle lewe is boos. Die regverdiges, daarenteen,sal deur hulle geloof lewe.