11 Die stene in die mure van julle huise skree uit oor wat julle gedoen het. Die klag teen julle weerklink teen die balke in die plafon.
12 “Wee julle wat stede bou met geld wat julle bekom hetdeur moord en onreg!
13 Het die Here, die Almagtige, nie beloofdat die nasies se rykdom tot as sal verbrand nie? Hulle werk so hard, maar dit is alles tevergeefs!
14 Die tyd sal aanbreek dat die hele aarde vol sal word met die kennis van die Herese magtige teenwoordigheid net soos water die see oordek.
15 “Wee julle wat julle buredronk maak! Julle meng drank en maak hulle dronk om na hulle naaktheid te kyk.
16 Binnekort sal dit julle beurt weesom in skande te kom! Kom, drink en word ontbloot! Drink uit die beker van oordeel. So sal julle eer in skande verander.
17 Julle kap die bome van Libanon af, nou sal julle afgekap word! Julle verskrik die wilde diere deur hulle in strikke te vang. Nou sal verskrikking julle tref omdat julle oral in die stedemoord en geweld gepleeg het!