5 Voorspoed verlei mense, en hoogmoedige mense kom nooit tot rus nie. Hulle is magshonger met monde wat groot oop is soos die dood. Tog stel niks hulle ooit tevrede nie. In hulle gulsigheid versamel hulle baie nasies en volkeas gevangenes.
6 “Die tyd kom wanneer hulle krygsgevangenes hulle sal koggel en verneder deur te sê: ‘Diewe! Einde ten laaste het die gereg julle ingehaal! Nou sal julle kry wat julle verdien vir julle verdrukking en uitbuiting!’
7 Julle skuldeisers sal skielik in woede reageer. Hulle sal op julle toesak terwyl julle bewend en hulpeloos is. Hulle sal alles buit wat julle besit.
8 Julle het baie nasies beroof, nou sal hulle julle beroof. Julle moordenaars! Julle het baie landelike gebiede en ook die stede met geweld geteister.
9 “Wee julle wat deur onreg ryk word! Julle dink dat rykdomvir julle sekuriteit sal waarborg, dat julle families buite bereik van gevaar sal wees.
10 Julle het julleself in skande gebring deur die moorde wat julle gepleeg het. Daardeur het julle julle eie lewens prysgegee.
11 Die stene in die mure van julle huise skree uit oor wat julle gedoen het. Die klag teen julle weerklink teen die balke in die plafon.