1 Hierdie is ’n gebed van Habakuk. ’n Lied.
2 O Here, ek het gehoor wat van U vertel word. Ek is in verwondering oor alles wat U gedoen het. Doen in ons tyd ook hierdie dinge wat U in die verlede gedoen het. Moenie vergeet om genadig te wees nie al is U baie kwaad.
3 God, die Heilige, beweeg oor die woestyne van Edomen van die Paranberg af. Sy groot heerlikheid vul die hemelruim.Die aarde is vol van sy lof!
4 Helder ligstrale flits uit sy hand, daar waar sy krag verskuil is.
5 Pes gaan voor Hom uit, dodelike plae volg in sy voetspore.
6 As Hy stilstaan, skud die aarde. Wanneer Hy kyk, bewe die nasies. Hy laat oeroue berge verkrummel en eeue oue heuwels platval.
7 Ek sien die tente van Kusan bewe,die benoudheid van dié in Midian.