14 U deurboor die leier van die soldate met sy eie spies. Sy soldate storm uit soos ’n warrelwind,want hulle dink Israel is ’n maklike prooi.
15 U vertrap die see met u perdesodat magtige waters opbruis.
16 Toe ek al hierdie dinge hoor, het ek gesidder. My lippe het van vrees gebewe, my liggaam het lam geword, my bene het onder my ingegee. Tog sal ek rustig wag vir die dag wanneer rampspoed dié mense trefwat besig is om ons aan te val.
17 Selfs al sal die vyebome nie bot nieen die wingerd sonder druiwe staan,al het die olyfoes misluk, en lewer die landerye niks op nie, al vergaan die kleinvee in die veld en is die beeskrale leeg;
18 tog, ten spyte van alles, sal ek my verbly in die Here! Ek sal juig oor God wat my verlos!
19 Die oppermagtige Here is my krag! Hy maak my voete soos dié van ’n ribbok; op hoë plekke laat Hy my veilig loop.(Vir die musiekleier: Die psalm moet met snaarinstrumente begelei word.)