5 Pes gaan voor Hom uit, dodelike plae volg in sy voetspore.
6 As Hy stilstaan, skud die aarde. Wanneer Hy kyk, bewe die nasies. Hy laat oeroue berge verkrummel en eeue oue heuwels platval.
7 Ek sien die tente van Kusan bewe,die benoudheid van dié in Midian.
8 Was U kwaad vir die riviere, Here,toe u woede teen strome ontvlam,u toorn teen die see ontbrand het? U het op perde geryen op strydwaens van oorwinning!
9 U beveel u magtige wapens om gereed te wees. SelaMet riviere kloof U die aarde oop.
10 Die berge sien wat gebeur en bewe, onstuimige waters stroom verby. Die diepwaters dreun, met golwe wat opslaan soos hande omhoog gelig.
11 Die son en die maanhet begin verdof,verduister deur blitsende pyle en die glans van u blinkende spies.