8 Was U kwaad vir die riviere, Here,toe u woede teen strome ontvlam,u toorn teen die see ontbrand het? U het op perde geryen op strydwaens van oorwinning!
9 U beveel u magtige wapens om gereed te wees. SelaMet riviere kloof U die aarde oop.
10 Die berge sien wat gebeur en bewe, onstuimige waters stroom verby. Die diepwaters dreun, met golwe wat opslaan soos hande omhoog gelig.
11 Die son en die maanhet begin verdof,verduister deur blitsende pyle en die glans van u blinkende spies.
12 U stap oor die aarde in verontwaardiging, U vertrap die nasies in u woede.
13 U gaan uit om u volk te verlos, U red u gesalfdes.U verpletter die leier van kwaaddoeners, van kop tot tone stroop U hom kaal.
14 U deurboor die leier van die soldate met sy eie spies. Sy soldate storm uit soos ’n warrelwind,want hulle dink Israel is ’n maklike prooi.