9 Die toekomstige roem van hierdie tempel sal baie groter wees as wat dit in die verlede was, sê die Here, die Almagtige. Ek sal in hierdie plek vrede bewerkstellig. Ek, die Here, die Almagtige, bevestig dit!”
10 Op 18 Desember van die tweede jaar wat Darius koning was, het die Here die volgende boodskap deur die profeet Haggai gestuur:
11 “Die Here, die Almagtige, sê: Vra vir die priesters die volgende vraag oor die gebooie:
12 Sê nou een van julle dra ’n heilige offer in ’n sak van sy klere. En sê nou hy raak aan ’n stuk brood, gekookte kos, wyn, olie of enige ander vorm van kos, sal dit dan gewy wees?” Die priesters het geantwoord: “Nee.”
13 Haggai vra toe: “Sê nou iemand het onrein geword omdat so ’n persoon aan ’n lyk geraak het. As hy dan raak aan al die dinge wat reeds genoem is, is die goed dan ook onrein?”Die priesters het geantwoord: “Ja.”
14 Toe sê Haggai: “Dit geld ook vir hierdie mense en hierdie volk, sê die Here. Net mooi alles wat hulle doen en wat hulle offer, is onrein.
15 Hou dit voortaan in gedagte. Dink ’n bietjie hoe julle omstandighede was voordat julle die fondament van die Here se tempel begin lê het.