19 Ek was soos ’n lam wat hulle weggelei het om te slag. Ek was onbewus daarvan dat hulle van plan was om my dood te maak. Hulle het gesê: “Kom ons raak ontslae van hierdie boom en sy vrugte. Kom ons maak hom dood, dan sal niemand ooit onthou dat hy geleef het nie!”