4 Hoe lank moet hierdie landnog treur? Selfs die grasvelde het verdroog. Die diere en die voëls het ook verdwyn weens die sondevan die inwoners van die land. En tog sê hulle: “Die Here gaan niks doen nie!”
5 “As jy moeg raak om teen mense te hardloop,hoe sal jy ooit teen perde kan meeding? As jy struikel en val in ’n land waar dit veilig is, wat sal jy doen in die digte bosse by die Jordaan?
6 Jou broers, jou naby familie het jou verraai. Hulle is daarop uit om jou kwaad aan te doen. Moenie hulle vertrou nie, selfs nie as hulle vriendelik met jou praat nie.
7 “Ek het my volk prysgegee, hulle wat my eiendom is.Ek het hulle wat Ek liefhet aan hulle vyande oorgegee.
8 My eie volk het vir My gebrul soos ’n leeu in ’n bos. Daarom het Ek hulle behandelasof Ek hulle haat.
9 Die volk wat Ek vir My gekies het,het só afstootlik vir Mygeword soos ’n aasvoël.En nou is húlle omring deur ander aasvoëls!Laat al die roofdiere komsodat hulle hulle karkasse kan skoonvreet!
10 Baie herders het my wingerd verniel, en my druiwe vertrap. Hulle het my vrugbare grond ’n verlate woesteny gemaak.