7 “Ek het my volk prysgegee, hulle wat my eiendom is.Ek het hulle wat Ek liefhet aan hulle vyande oorgegee.
8 My eie volk het vir My gebrul soos ’n leeu in ’n bos. Daarom het Ek hulle behandelasof Ek hulle haat.
9 Die volk wat Ek vir My gekies het,het só afstootlik vir Mygeword soos ’n aasvoël.En nou is húlle omring deur ander aasvoëls!Laat al die roofdiere komsodat hulle hulle karkasse kan skoonvreet!
10 Baie herders het my wingerd verniel, en my druiwe vertrap. Hulle het my vrugbare grond ’n verlate woesteny gemaak.
11 Hulle het dit ’n woestyn gemaakwat verwoes voor My lêomdat niemand daarvooromgee nie.
12 Soldate kom oor die heuwelsin die woestyn.Die swaard van die Hereverteer mense van hoek tot kant. Niemand sal kan ontsnap nie.
13 Hulle het koring gesaai, maar sal dorings oes. Hulle moeite was tevergeefs.Staan dan maar beskaam,sonder oes,want die gloeiende woede van die Herehet julle getref.”