1 Dit is die boodskap wat die Here vir Jeremia oor die droogte gegee het:
2 “Juda verdor, sy besighede speel bankrot. Sy mense rou oor die land,en uit Jerusalem klink ’n hulpgeroep.
3 Die vername mense stuur hulle diensknegte om water te gaan haal,maar die putte is droog. Hulle kom met leë houers terug. Hulle maak hulle koppe toe, dronkgeslaan en moedeloos.
4 Omdat dit nie gereën het nie, bars die grond. Die boere is ontsteld en maak hulle koppe toe.
5 Selfs die wildsbokooi gooi haar lammetjie weg omdat daar nie gras is nie.