15 Daarom sê die Here oor die profete: Ek sal die profete wat kamtig namens My praat, straf. Ek het hulle nie gestuur nie. Hulle sê mos dat daar nie oorlog of hongersnood in hierdie land sal kom nie. Hulle sal egter self in oorlog of van honger doodgaan!
16 Die mense vir wie hulle profeteer, se lyke sal oral in die strate van Jerusalem lê. Mans, vroue en kinders sal slagoffers wees van hongersnood of van oorlog. Niemand sal oorleef om hulle te begrawe nie. Ek bring hulle eie oortredings oor hulle.
17 “Jeremia, sê vir hulle:‘Dag en nag loop trane uit my oë. Ek kan nie ophou huil nie. Want my volk is soos ’n jong meisie wat swaar gewond isen besig is om dood te bloei.
18 As ek in die veld kom, sien ek oral mense lê wat gewelddadig gesterf het. Al wat ek sien as ekin die strate van die stad loop, is mense wat van honger gesterf het. Die profete en priesters gaan aan met hulle werk,maar hulle weet nie wat hulle doen nie.’”
19 Het U Juda nou totaal verwerp? Haat U werklik vir Jerusalem?Waarom het U ons so verwond dat niemand ons gesond kan maak nie? Ons het vrede verwag, maar daar was geen vrede nie. Ons het gehoop op genesing, maar verskrikking het gekom.
20 Here, ons bely ons verkeerde dinge wat ons en ons voorouers gedoen het! Ons het teenoor U gesondig.
21 Ek vra dat U,ter wille van Uself, ons nie sal verwerp nie. Moenie dat daar skade komaan u roemryke troon nie. Moenie u verbond met ons verbreek nie. Moenie ons vergeet nie.