3 Die vername mense stuur hulle diensknegte om water te gaan haal,maar die putte is droog. Hulle kom met leë houers terug. Hulle maak hulle koppe toe, dronkgeslaan en moedeloos.
4 Omdat dit nie gereën het nie, bars die grond. Die boere is ontsteld en maak hulle koppe toe.
5 Selfs die wildsbokooi gooi haar lammetjie weg omdat daar nie gras is nie.
6 Die wildedonkies staan op die kaal bulte en snuif die lug soos jakkalse wat dors is. Hulle oë verdof, want daar is nie gras om te eet nie.”
7 “Here, ons sondeshet ons nou ingehaal.Help ons ter wille van u eie reputasie.Ons het baie keer teen U gesondig.
8 U is Israel se enigste hoop, ons Verlosser in krisistye! Hoekom is U ’n vreemdeling vir ons? Hoekom is U soos iemand wat reis deur die landen net ’n nag oorslaap?
9 Hoekom tree U op soos iemand wat verward is,soos ’n soldaat wat ons nie kan help nie? Maar U, Here, is mos by ons. Ons is immers u volk. Moet ons tog nie aan ons lot oorlaat nie!”