4 Omdat dit nie gereën het nie, bars die grond. Die boere is ontsteld en maak hulle koppe toe.
5 Selfs die wildsbokooi gooi haar lammetjie weg omdat daar nie gras is nie.
6 Die wildedonkies staan op die kaal bulte en snuif die lug soos jakkalse wat dors is. Hulle oë verdof, want daar is nie gras om te eet nie.”
7 “Here, ons sondeshet ons nou ingehaal.Help ons ter wille van u eie reputasie.Ons het baie keer teen U gesondig.
8 U is Israel se enigste hoop, ons Verlosser in krisistye! Hoekom is U ’n vreemdeling vir ons? Hoekom is U soos iemand wat reis deur die landen net ’n nag oorslaap?
9 Hoekom tree U op soos iemand wat verward is,soos ’n soldaat wat ons nie kan help nie? Maar U, Here, is mos by ons. Ons is immers u volk. Moet ons tog nie aan ons lot oorlaat nie!”
10 Die Here het sy volk soos volg geantwoord: “Julle hou mos daarvan om van My af te dwaal.Daarom aanvaar Ekjulle nie meer as my volk nie.Ek sal nou al julle boosheid onthouen julle straf vir julle sondes.”