14 Ek laat jou vyande jou wegneem om as ballinge in ’n vreemde land te gaan leef. Want my woede brand soos ’n vuur en sal julle verteer.”
15 “Here, U weet alles. Dink tog aan my en help my.Straf die mense wat my vervolg! Moenie toelaat dat hulle my doodmaak nie! Wees genadig!Neem tog in ag dat ek ter wille van U bespot is.
16 Toe U gepraat het, het ek noukeurig geluister. Ek het elke woord ingeneem. U woorde het my bly gemaak. Dit het my opgewonde gemaakom te weet dat ek aan U behoort,o Here, God, die Almagtige.
17 Ek het nooit na die volk se vrolike partytjies gegaan nie.Ek het alleen gesit omdat u hand op my was. Ek was verontwaardig oor hulle sonde.
18 Waarom hou my lydingdan net aan en aan? Waarom genees my wonde nie? U hulp is vir my so bedrieglik soos ’n wisselvallige waterstroom,soos ’n fontein wat opdroog.”
19 Die Here antwoord toe: “As jy terugkom na My toe, sal Ek jou herstel sodat jy My weer kan dien. As jy ophou om onverantwoordelike dinge te sê, sal jy namens My kan praat. Jy moet hulle beïnvloed,nie hulle vir jou nie.
20 Ek maak jou ’n muur van bronsvir hierdie volk.Hulle sal teen jou veg,maar sal jou nie oorwin nie.Ek sal jou beskermen jou red,” sê die Here.