8 Daar sal meer weduwees wees as sand in die see. Laatmiddag bring Ek ’n vyand wat die ma’s van jong mans sal oorval.Ek sal angs en vrees skielik oor hulle laat toesak.
9 ’n Ma van sewe kinders sal swak voel en na haar asem snak. Die son het vir haar gesak, al is dit nog dag. Sy is nou kinderloos – wat ’n vernedering is dit nie! Dié wat oorleef, sal Ek aan die vyand oorgee om hulle dood te maak,”sê die Here.
10 “Wee my, Ma, dat u my in die wêreld gebring het. Deur die hele land baklei mense met my. Al het ek niks uitgeleen wat ek terugvraof by ander geleen wat ek nie wil teruggee nie, vervloek almal my.”
11 Die Here het geantwoord: “Dit sal goed gaan met jou.In tye van nood en ellendesal jou vyande jou vraom vir hulle in te tree by My.
12 “Kan ’n mens ’n stuk yster breek, of brons wat uit die noorde kom?
13 Jou rykdom en besittings sal Ek as buit vir die vyand gee oor al jou verkeerde dade.
14 Ek laat jou vyande jou wegneem om as ballinge in ’n vreemde land te gaan leef. Want my woede brand soos ’n vuur en sal julle verteer.”