11 “Julle het my mense besteel, hulle wat Ek vir My uitgesoek het. Julle is vrolik en bly daaroor. Julle spring rond soos ’n verskalfwat koring uittrap,en soos perde wat runnik.
12 Maar julle eie land sal verneder word en in die skande kom. Sy sal die geringste onder al die volke wees,’n dorre en verlate woestyn.
13 Die Here sal sy woede op Babel uithaal.Dit sal ’n plek wees sonder inwoners, ’n algehele woesteny.Verbygangers sal geskok wees en fluit van verbasing oor Babel se toestand.
14 “Boogskutters,omsingel Babel.Maak julle reg om aan te val! Moet nie julle pyle spaar nie! Want die mense van Babel het teen die Here gesondig.
15 Skreeu op hulle van alle kante. Babel het oorgegee! Die mure van die stad het omgeval. Die Here wreek Hom op Babel.Doen aan hulle soos hulle aan ander mensegedoen het.
16 Neem die boere weg uit Babel, ook hulle wat die lande afoes. As die gevegte aan die gang is, moet mense na hulle eie volke terugkeer. Elkeen moet na hulle land vlug.”
17 “Die mense van Israel is soos skapewat deur leeus uitmekaargejaag word. Eers het die koning van Assirië hulle opgevreet, en nou het koning Nebukadnesar van Babel hulle bene skoongevreet.”