1 Jona het uit die ingewande van die vis tot die Here sy God gebid.
2 Hy het gesê: “In my groot noodhet ek die Here aangeroepen Hy het my geantwoord. Ek het uit die doderyk geroep en U het my gehoor!
3 In die diepte van die oseaan het U my gegooi. Ek het tot in die hart van die see gesink. Strome het rondom my gekolk. U het golf na golf oor my laat spoel.
4 Ek het gesê: ‘Uit u teenwoordigheid het U my verdryf.Hoe sal ek ooit weer u heilige tempel sien?’