4 Ek het gesê: ‘Uit u teenwoordigheid het U my verdryf.Hoe sal ek ooit weer u heilige tempel sien?’
5 “Water het my verswelg, die diepwaters het my omring. Seegras was om my kop gedraai.
6 Ek het afgesak tot waar die berge begin. Ek was afgesluit van die lewe, vasgevang in die land van die dooies. Maar U, Here my God, het my gered uit die oop kake van die dood!
7 “Toe ek alle hoop verloor het, het ek weer aan die Here gedink. In u heilige tempelhet U my gebed gehoor.
8 Wie vals gode aanbid,minag God se goedheid.
9 Ek sal met lofliedere vir U ’n offer bring. Ek sal doen wat ek beloof het. Net die Here bring verlossing!”
10 Toe het die Here die vis beveel en hy het Jona op die strand uitgespoeg.