6 Die Here God het toe ’n plant laat groei wat skaduwee oor Jona se kop gemaak het. Dit het hom beter laat voel. Jona was baie bly oor die plant.
7 Maar God stuur toe ’n wurm. Met dagbreek die volgende môre het die wurm die stam van die plant afgevreet. Die plant het verdroog.
8 Toe die son opkom, het God ’n skroeiende oostewind laat opsteek. Die son het so op Jona se kop neergebrand dat hy swak begin voel het en gewens het om dood te gaan. Hy het gesê: “Dit is beter om dood te gaan as om te lewe!”
9 God sê toe vir Jona: “Is dit reg van jou om kwaad te wees omdat die plant dood is?”Jona het geantwoord:
10 “Ja, ek is so kwaad dat ek kan sterf!” Toe sê die Here: “Jy is ontsteld oor die plant en dit terwyl jy niks gedoen het om die plant te versorg of te laat groei nie. Die plant het oornag opgekom en is weer oornag vernietig.
11 Nineve het meer as 120 000 mense wat nie weet wat reg of verkeerd is nie en ook baie diere. Sal Ek dan nie medelye hê oor die groot stad Nineve nie?”