16 Kaleb het gesê: “Ek gee my dogter Aksa as vrou vir die man wat Kirjat-Sefer aanval en verslaan.”
17 Otniël, die seun van Kaleb se broer Kenas, het die stad ingeneem. Kaleb het sy dogter Aksa aan hom as vrou gegee.
18 Sy het Otniël aangepor om by haar pa grond te gaan vra. Toe sy van haar donkie afklim, het Kaleb vir haar gevra: “Wat is dit?”
19 Sy het geantwoord: “Seën my tog. U het vir my grond in die droë Negevwoestyn gegee. Gee asseblief vir my ook ’n plek met water.” Hy het toe vir haar plekke met fonteine in sowel die hoërliggende as die laer dele gegee.
20 Die dorpe wat die families van die stam Juda gekry het, was:
21 Die dorpe teen die grens van Edom, heel suid, was Kabseël, Eder, Jagur,
22 Kina, Dimona, Adada,