14 Toe die koning van Ai hulle sien, het hy en sy leër haastig klaargemaak en vroeg die môre uitgetrek om teen Israel oorlog te maak. Hy en sy mense is na ’n plek regoor die Jordaanvallei. Hy het egter nie geweet van die hinderlaag wat agter die stad gelê het nie.
15 “Josua en die hele Israel het omgevlieg en op die vlug geslaan in die rigting van die woestyn.
16 Almal in die stad is opgeroep om hulle te agtervolg. Hulle is agter Josua aan en is so van die stad af weggelok.
17 Daar was nie ’n man in Ai of Bet-El oor wat nie agter die Israeliete aan was nie. Hulle het egter die stad net so oop gelos toe hulle agter Israel aan is.
18 Toe sê die Here vir Josua: “Steek die spies in jou hand na Ai toe uit. Ek gee die stad in jou mag oor.” Josua het die spies in sy hand na Ai toe uitgesteek.
19 Toe hy sy hand uitsteek, was dit die teken. Die manskappe wat weggekruip het, het vinnig uit hulle skuilplekke opgespring en die stad bestorm. Hulle het die stad ingestorm en dit verower. Hulle het dit dadelik aan die brand gesteek.
20 Toe die mans van Ai omkyk, sien hulle hoe die rook uit die stad in die lug optrek. Hulle kon absoluut nêrens heen vlug nie. Die mense wat in die rigting van die woestyn gevlug het, het nou teen hulle agtervolgers omgedraai.