4 Die berge smelt onder Hom.Soos was wat smelt, vloei hulle die valleie binne;soos water wat afvloei teen die heuwels.
5 Hoekom gebeur dit? Omdat Israel en Judasonde doen en opstandig is.Wie moet die blaam dra vir Israel se opstand? Is dit nie Samaria nie?Waar in Juda is die offerplekkevir die afgode?Is dit nie Jerusalem nie?
6 “Ek gaan Samaria tot ’n puinhoop maak,’n plek om wingerde te plant.Die klippe waarmee die stad gebou is,gaan Ek in die vallei laat afrol.Die fondamente gaan Ek blootlê.
7 Al die beelde in die stad sal stukkend geslaan word.Al die skatte uit prostitusie verdien,sal met vuur verbrand word.Al haar afgodsbeeldesal Ek vernietig.Sy het uit prostitusie haar verdienste bekom.Vir die doel van prostitusiesal hulle weer gebruik word.”
8 Daarom sal ek huil en treur,sal ek kaalvoet rondloop,sonder klere. Ek sal tjank soos ’n jakkals en brom soos ’n volstruis.
9 My volk se wond is ongeneeslik.Dit tref die mense van Juda. Dit reik selfs tot by die poorte van Jerusalem.
10 Moenie dit in Gat vertelen daaroor huil nie.Mense van Bet-Leafra, rol liewer in die stofas teken van julle ontsteltenis.