3 Maar die Here sê: “Ek sal kwaadmet kwaad vergeld.Daar is nie ’n kans dat julle sal ontsnap nie!Julle gaan ’n slegte tyd beleef,niks gaan oorbly van julle trots nie.”
4 Daardie dag sal julle vyande met julle spot.Hulle sal ’n treurlied sing en sê:“Dit is verby met ons, ons is heeltemal geruïneer! God het ons landvan ons af weggevat. Hy het dit verdeel onder die mense wat ons verraai het.”
5 Wanneer die land verdeel word,sal die Here se mense geen sê hê nie. Ander mense sal julle grense vasstel.
6 Die mense sê: “Moenie sulke dinge kwytraakof profeteer nie. So ’n skande sal nie oor ons kom nie!”
7 Israel, behoort julle so te praat? Sal die Here geduld hê met sulke gedrag? As julle doen wat reg is, sal my uitsprake vir julle aanvaarbaar wees.
8 Maar nou is my eie mensevyandig en opstandig.Julle gryp mense en skeur die klere afvan hulle wat rustig verbyloop soos soldate op pad terugvan ’n veldslag af.
9 Julle verdryf die vroue van my volkuit hulle gerieflike huise. Julle ontneem hulle kinders vir altyd van die seëninge,van hulle godgegewe erfdeel.