4 Daardie dag sal julle vyande met julle spot.Hulle sal ’n treurlied sing en sê:“Dit is verby met ons, ons is heeltemal geruïneer! God het ons landvan ons af weggevat. Hy het dit verdeel onder die mense wat ons verraai het.”
5 Wanneer die land verdeel word,sal die Here se mense geen sê hê nie. Ander mense sal julle grense vasstel.
6 Die mense sê: “Moenie sulke dinge kwytraakof profeteer nie. So ’n skande sal nie oor ons kom nie!”
7 Israel, behoort julle so te praat? Sal die Here geduld hê met sulke gedrag? As julle doen wat reg is, sal my uitsprake vir julle aanvaarbaar wees.
8 Maar nou is my eie mensevyandig en opstandig.Julle gryp mense en skeur die klere afvan hulle wat rustig verbyloop soos soldate op pad terugvan ’n veldslag af.
9 Julle verdryf die vroue van my volkuit hulle gerieflike huise. Julle ontneem hulle kinders vir altyd van die seëninge,van hulle godgegewe erfdeel.
10 Staan op! Maak dat julle wegkom! Hierdie land sal nie meer vir julle ’n rusplek wees nie. Dit is besoedel, in ’n ongeneeslike toestand!