5 Wanneer die land verdeel word,sal die Here se mense geen sê hê nie. Ander mense sal julle grense vasstel.
6 Die mense sê: “Moenie sulke dinge kwytraakof profeteer nie. So ’n skande sal nie oor ons kom nie!”
7 Israel, behoort julle so te praat? Sal die Here geduld hê met sulke gedrag? As julle doen wat reg is, sal my uitsprake vir julle aanvaarbaar wees.
8 Maar nou is my eie mensevyandig en opstandig.Julle gryp mense en skeur die klere afvan hulle wat rustig verbyloop soos soldate op pad terugvan ’n veldslag af.
9 Julle verdryf die vroue van my volkuit hulle gerieflike huise. Julle ontneem hulle kinders vir altyd van die seëninge,van hulle godgegewe erfdeel.
10 Staan op! Maak dat julle wegkom! Hierdie land sal nie meer vir julle ’n rusplek wees nie. Dit is besoedel, in ’n ongeneeslike toestand!
11 Die soort profeet wat julle sou verkies,is ’n profeet wat leuens vertelen vir julle sê:“Ek sal julle vertel van al die voordele wat wyn en sterk drankvir julle kan bring.”