8 Maar nou is my eie mensevyandig en opstandig.Julle gryp mense en skeur die klere afvan hulle wat rustig verbyloop soos soldate op pad terugvan ’n veldslag af.
9 Julle verdryf die vroue van my volkuit hulle gerieflike huise. Julle ontneem hulle kinders vir altyd van die seëninge,van hulle godgegewe erfdeel.
10 Staan op! Maak dat julle wegkom! Hierdie land sal nie meer vir julle ’n rusplek wees nie. Dit is besoedel, in ’n ongeneeslike toestand!
11 Die soort profeet wat julle sou verkies,is ’n profeet wat leuens vertelen vir julle sê:“Ek sal julle vertel van al die voordele wat wyn en sterk drankvir julle kan bring.”
12 “Eendag, Israel, sal Ek julle almal terugbring.Die oorblyfsels van Israelsal Ek sekerlikweer bymekaarbring.Ek sal hulle bymekaarbringsoos skape in ’n kraal, soos ’n trop skape in die veld.Julle land sal weerklinkvan die gedreun van mense.
13 Julle leier sal deur die linies breek en julle uit ballingskap lei. Hy sal julle leideur die poorte van die stede, julle sal deur die poorte breek op pad na julle eie land toe.Julle koning sal voor julle uit gaan.Die Here self sal julle lei.”