1 Luister, leiers van Israel! Is julle nie veronderstelom te onderskei tussen reg en verkeerd nie?
2 Julle haat egter wat goed is en is lief vir wat sleg is.Julle slag mense lewendig afen skeur hulle vleis van hulle bene af.
3 Julle eet my volk se vleis, sny hulle velle af, breek hulle bene aan stukke.Julle kap hulle op soos vleis vir die kookpot.
4 As julle na die Here roep vir hulp in nood, sal Hy Hom nie aan julle steur nie. Na al die verkeerde dinge wat julle gedoen het, sal Hy julle ignoreer!
5 Die Here sê vir die vals profete: “Julle mislei my volk! Julle beloof vrede vir die mense wat vir julle kos gee, maar verklaar oorlog teen hullewat weier om te betaal.
6 Dit gaan nag wees vir julle sonder enige visioene.Die duisternis sal maak dat julle niks oor die toekoms kan sê nie.Die son gaan sak vir die profete.Hulle dae is getel.
7 Die sieners sal in die skande kom,die waarsêerssal verleë staan.Uit skaamte sal hulle almal hulle gesigte bedek, want daar is geen antwoord van God nie.”